ausgaq.blogg.se

Afrikaanse musiek 2021
Afrikaanse musiek 2021











Gaste word aangemoedig om die omgewing te verken en het ook toegang tot veilige parkering, ʼn pendeldiens, buitelug-speletjies, kinderspeelparke asook ’n gedigte-uitstalling. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 kom piekniek hou en die monument, ʼn simboolgelaaide beeldhouwerk sonder weerga, besigtig. Oud en jonk is mal oor Jerry Watt, Manuel Losper, Ryan Smith en Jano van der Berg se strelende stemme wat musiek van die verlede tot die hede tot harmonieuse lewe bring.ĭie vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – net betyds vir ʼn pragtige sononder en maanopkoms – op die sagte grasperk aan die voet van die monument. The Rockets het al die talle CD’s die lig laat sien en is ou bekendes op menige radiostasie – die liedjies van hul jongste Afrikaanse album, Sonskyn, word ook gereeld gehoor. Die groep is onlangs met ‘n Ghoema-toekenning vir Lewensbydrae vereer en hul uitverkoopte vertoning om hul 50ste verjaardag te vier het ‘n SAFTA-toekenning vir die Beste Musiekproduksie ontvang. Hulle het al meer as 3 miljoen kilometer gereis en voor miljoene aanhangers opgetree, en gaan voort om plaaslike sowel as internasionale verhoë aan die brand te sing met hul kleurryke, kompromislose en energieke optredes.

afrikaanse musiek 2021 afrikaanse musiek 2021

The Rockets is meer as net ‘n groep dis inderdaad ‘n musikale instelling. Hul konsert is boonop deels ten bate van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir kinders, dus besoekers word versoek om enige kinderboeke vir hierdie doel te skenk. As jy nog nie dié energieke popgroep in lewende lywe aanskou het nie, is Vrydag, 29 Januarie 2021, ʼn aand wat jy nie kan misloop nie as jy hulle reeds ken, is geen aanmoediging nodig nie. Wat is ʼn Januarie sonder die beroemde en geliefde The Rockets by die ikoniese Taalmonument op die Paarlberg? Ná ʼn erge onvoorspelbare jaar, is dit gerusstellend dat hulle weereens optree om die somer en nuwe jaar van 2021 behoorlik te vier.













Afrikaanse musiek 2021